KULTUUR KOMPETISIES
Inligting oor Nukleus Kultuur kompetisies
Klik op die toepaslike kwartaal vir meer inligting.
Kreatiewe Skryf Kompetisie
Welkom by die 2026 Skryf Kompetisie vir Graad 4-12!
Hierdie is ‘n uitnodiging vir ons talentvolle jong skrywers om hul kreatiewe stemme te laat hoor en hul unieke stories met ons te deel. Ons nooi al ons Graad 4-12 leerders uit om deel te neem aan hierdie opwindende skryfuitdaging. Laat jou woorde vloei en wys hoe jy ‘n storie tot ‘n onvergeetlike einde kan bring!
Kies jou graad hieronder vir meer inligting:
Gr. 4 - 6
Gr. 4–6: Emojistorie
Jy kies vyf emoji’s uit die lys hieronder, en jou uitdaging is om ’n storie te skryf wat die gevoelens, gebeure of situasies wat daardie emoji’s voorstel, uitbeeld.
Met ander woorde: die emoji’s mag nie in jou storie verskyn nie – jou woorde moet wys hoe daardie emosies tot lewe kom.
Opdrag:
- Kies 5 emoji’s uit die lys wat aan jou gegee word.
- Skryf ’n kortverhaal wat die gevoelens, reaksies of gebeure van jou gekose emoji’s uitbeeld.
- Jou storie moet ’n duidelike begin, middel en einde hê.
Lengte en formaat:
- ½ – 1 bladsy lank
- Sit die 5 emoji’s wat jy gekies het langs die titel van jou kortverhaal.
- Getik in Arial, grootte 12.
- Stoor as PDF met lêernaam:
EmojistorieGraadNaamEnVan (bv. EmojistorieGraad5LiamBotha.pdf).
Inlewer:
Inskrywings open: 19 Jan 2026
Sperdatum: 16 Feb 2026
Wenk: Dink kreatief oor hoe jou emoji’s in mekaar pas, gebruik mooi beskrywings, en bou ’n storie wat jou leser laat glimlag, lag of selfs ’n traan pink!
Emoji-lys om van te kies:
Gr. 7 - 9
Gr. 7–9: Verander die Einde
Het jy al ooit ’n sprokie gelees en gedink: “Maar dit kon tog anders geëindig het!”? Nou kry jy die kans om self die draaiboek te herskryf. Hierdie jaar se uitdaging: neem ’n bekende sprokie… en gee dit jou eie einde!
Opdrag:
- Kies een sprokie:
- Gouelokkies en die Drie Bere
- Die Drie Varkies
- Sneeuwitjie
- Rooikappie
- Hansie en Grietjie
- Skryf jou eie weergawe met ’n nuwe einde – dit kan snaaks, dramaties, verrassend of selfs modern wees!
- Jou storie moet steeds ’n begin, middel en einde hê, maar die einde moet jou unieke handtekening dra.
Lengte en formaat:
- 1 – 1½ bladsye lank (250–350 woorde).
- Getik in Arial, grootte 12.
- Stoor as PDF met lêernaam:
VeranderDieEindeGraadNaamEnVan (bv. VeranderDieEindeGraad8AmeliaJansen.pdf).
Inlewer:
Inskrywings open: 19 Jan 2026
Sperdatum: 16 Feb 2026
Wenk: Onthou – sprokies is vol towerkrag, spanning en lesse. Hoe jy jou einde verander, kan jou leser skok, laat lag of selfs ’n traan laat afvee.
Gr. 10 - 12
Gr. 10–12: Skep jou eie Mite
Legendes begin altyd met ’n vraag: Hoekom? Hoekom het die zebra strepe? Hoekom kom die son op wanneer die maan ondergaan? Hoekom is die seekoei sonder hare? Nou is dit jou kans om jou eie mite te skep – ’n verhaal wat iets in die wêreld op ’n magiese of simboliese manier verduidelik.
Opdrag:
- Skep jou eie mite wat verduidelik hoe iets ontstaan het of waarom dit so is.
- Voorbeelde om jou te inspireer:
- Hoe die zebra sy strepe gekry het.
- Waarom die haas sulke lang ore het.
- Hoe die kameelperd sy lang nek gekry het.
- Waarom die sterre in patrone (sterrebeelde) staan.
- Hoe die wind sy stem gekry het.
- Jy mag jou eie onderwerp kies – wees net kreatief en maak dit mities!
Lengte en formaat:
- 1½ – 2 bladsye lank
- Getik in Arial, grootte 12.
- Stoor as PDF met lêernaam:
MiteGraadNaamEnVan (bv. MiteGraad11KobusCoetzee.pdf).
Inlewer:
Inskrywings open: 19 Jan 2026
Sperdatum: 16 Feb 2026
Wenk: ’n Goeie mite laat lesers voel asof hulle na ’n ou, wys verhaal luister wat deur geslagte vertel is. Gebruik beskrywende taal, simboliek en verbeelding – en maak dit ’n storie wat ander nooit vergeet nie.
Sterkte aan al ons jong skrywers van 2026! Julle verbeelding het geen grense nie – en ons sien uit om elkeen van julle se stories te lees.
Indieningsdatums:
- Inskrywings maak oop: 19 Januarie 2026
- Inskrywings sluit: 16 Februarie 2026
Laat inskrywings sal nie oorweeg word nie.
LW: Net geregistreerde Nukleus Leerders mag hieraan deelneem.
Skryf Kompetisie
Vul hierdie vorm in om deel te neem aan ons skryf kompetisie.
Inskrywings open 19 Januarie 2026
Hou hierdie spasie dop
2025 Skryf Kompetisie wenners!
Graad 4 - 6
1ste – Michelle Brooks
2de – Joame du Toit
3de – Dawid Nortje
4de – Jonan Saunders
5de – Elrisa Mellet
Graad 7 - 9
1ste – Juzaan Knoetze
2de – Kaylin Middel
3de – Klara Nortje
4de – Karla Snyman
5de – Annabel Nieuwoudt
Graad 10 - 12
1ste – Kay-Lee Nel
2de – Melienke Vermaak
3de – Gert Smit
4de – Niquita Murphy
5de – Reinike Pretorius
Neem Deel aan die Nukleus Onderwys 2026 Gedig Voordrag!
Elke jaar bied Nukleus Onderwys met trots ons jaarlikse Gedig Voordrag aan – ‘n wonderlike geleentheid vir leerders om hulself kreatief uit te druk en selfvertroue te bou! Hierdie jaar vind die voordrag aanlyn plaas via Zoom op 26 Mei 2026. Dit is die perfekte kans om jou voordragvaardighede te slyp en jou liefde vir poësie te deel.
Belangrike Datums:
- Inskrywings open: 20 April 2026
- Inskrywings sluit: 04 Mei 2026
- Voordrag op Zoom: 23 Mei 2026
Hoe werk dit? Leerders ontvang ‘n lys van voorgeskrewe gedigte vir hul graad en kies dan een om voor te dra. ’n Skedule sal betyds uitgestuur word sodat leerders weet hoe laat hul graad begin.
Belangrike Dinge om te Onthou:
- Leerders moet 30 minute voor hul geskeduleerde tyd inskakel vir ingeval die skedule vinniger beweeg.
- Kameras moet aangeskakel wees, sodat beoordelaars jou duidelik kan sien.
- Mikrofone moet gedemp wees, behalwe wanneer dit jou beurt is om voor te dra.
- Leerders ontvang sertifikate vir hul deelname.
Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om jou voordragvaardighede te ontwikkel en selfvertroue te kry voor ‘n gehoor. Moenie hierdie kans misloop nie – skryf in en wys jou talent!
Skryf vandag in en laat jou stem hoor!
Inskrywings open 20 April 2026
Hou hierdie spasie dop
Laai die gedigte af
Gedig Voordrag
Gr. R – 12:
Hierdie is ‘n skatkis van self-uitdrukking, ‘n platform waar die mag van woorde en die betowerende klank van stemme op ‘n unieke manier saamkom. Ons moedig elke Nukleus leerder aan om deel te neem aan hierdie opwindende reis van voordragkuns
Keuse van Gedig:
Leerders mag een van drie gedigte kies – lys sal vooraf aan almal ge-epos word.
Voordragstyl:
Maak die woorde jou eie. Laat jou taal ‘n klankgolf van emosie wees.
Beoordeling:
Leerders word beoordeel op passie, stemgebruik, en die vermoë om die gehoor te boei.
Inskrywingsprosedure:
Skryf in vir die Voordrag deur die skakel hieronder te gebruik.
Beoordeling en Bekendmaking:
‘n Eksklusiewe paneel van beoordelaars sal die voordragte evalueer, en die wenner(s) word op 23 Mei 2024 bekendgemaak.
Die Voordrag sal op 4 Mei 2024 oor Zoom plaasvind. Leerders wat vir die Voordrag inskryf sal die skakel, asook Voordrag skedule per epos ontvang.
3 April – Inskrywings open
29 April – Inskrywings sluit
4 Mei – Dag van voordrag (oor Zoom)
23 Mei – Wenners aangekondig
LW: Net geregistreede Nukleus Leerders mag hieraan deelneem.
Laai die gedigte af
2026 Kwartaal 3 Kompetisies
Neem Deel aan die Nukleus Onderwys Ontwerp ’n Nukleus T-hemp Kompetisie!
Hallo jong kunstenaars!
Het jy al gewens jou kuns kan op ’n regte T-hemp verskyn? Nou kan dit! Nukleus Onderwys nooi al ons Graad R–3 leerders uit om ’n T-hemp-ontwerp te skep wat die Nukleus-gees vasvang—kleurvol, vrolik en vol verbeelding. Wie weet… jou prentjie kan binnekort deur jou hele familie gedra word!
Wie kan deelneem?
- Leerders in Graad R, 1, 2 en 3.
Die opdrag (wat om te doen)
- Ontwerp die prentjie wat jy graag op ’n Nukleus T-hemp sou wou sien.
- Moenie ’n hemp teken met ’n prentjie op nie—teken slegs die prentjie/ontwerp self.
- Jou ontwerp moet die Nukleus-logo êrens duidelik insluit.
Materiaal & formaat
- Werk met die hand op A4 wit papier (kleurpotlode, waskryt, verf of merkers).
- Digitale kuns is nie toegelaat nie.
- Hou jou werk netjies, helder en hoë kontras sodat dit mooi op ’n hemp gaan lyk.
Hoe om in te stuur (stap-vir-stap)
- Voltooi jou kunswerk op A4.
- Skandeer dit in hoë gehalte (PDF).
- Benoem jou PDF presies so: KunsGraadNaamEnVan
- Voorbeeld: KunsGr2AnikaJansen.pdf
- E-pos na admin@nukleusonderwys.co.za
Belangrike Datums:
- Inskrywings open: 27 Julie 2026
- Inskrywings sluit: 17 Augustus 2026
Beoordeling (waarop let ons?)
Ons beoordelaars gebruik ’n rubriek (20 punte totaal):
- Kreatiwiteit & Oorspronklikheid (0–5)
- Gebruik van kleur & visuele impak (0–5)
- Netheid & Afwerking (0–5)
- Nukleus-identiteit & logo-integrasie (0–5)
Prysies
- Wenners per graad ontvang ’n regte Nukleus T-hemp met húlle ontwerp op!
- Die winnende ontwerpe word ook beskikbaar gemaak sodat familie en vriende hulle eie T-hemde kan bestel.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie – haal jou kreatiwiteit uit en skep iets besonders!
Inskrywings open 27 Julie 2026
Hou hierdie spasie dop
Ons sien uit daarna om in Kwartaal 3 ons jaarlikse redenaarskompetisie aan te bied! Hierdie kompetisie is oop vir alle leerders in Graad 7 – 9 en bied ‘n wonderlike geleentheid om hul redenaarsvaardighede te slyp.
Belangrike datums:
- Inskrywings open: 5 Mei 2025
- Inskrywings sluit: 23 Junie 2025
- Redenaarskompetisie: 16 Augustus 2025
- Toespraakwerkswinkel (Graad 7 – 12): 19 Julie 2025
Tema vir 2025: Idiome
Leerders sal ‘n lys van idiome ontvang en kan een kies as tema vir hul toespraak. Dit is ‘n wonderlike kans om kreatief te wees en unieke interpretasies van bekende idiome te verken.
Hulp en Voorbereiding:
Om leerders te ondersteun, sal daar in die begin van die derde kwartaal een of twee Zoom-sessies wees waar Juffrou Deidre leiding sal gee oor die skryf en aanbieding van hul toesprake.
Ons moedig alle leerders aan om ook ons Toespraakwerkswinkel op 19 Julie by te woon. Hierdie werkswinkel is oop vir Graad 7 – 12 leerders en sal waardevolle wenke en tegnieke bied om ‘n selfversekerde en impakvolle spreker te word.
Bly op hoogte vir verdere besonderhede – ons sien daarna uit om julle redenaars in aksie te sien!
Redenaarskompetisie
Hierdie Kompetisie het reeds gesluit.
2024 Spelfees Kompetisie Wenners!
Nukleus Spelfees 2026
Ons nooi al ons Graad 1 – 6 leerders uit om deel te neem aan ons jaarlikse Spelfees! Hierdie opwindende spellingkompetisie bied leerders die kans om hul taalvaardighede te verbeter en selfvertroue op te bou.
Belangrike datums:
- Inskrywings open: 1 September 2026
- Inskrywings sluit: 29 September 2026
- Graad 1: 12 Oktober 2026
- Graad 2: 13 Oktober 2026
- Graad 3: 14 Oktober 2026
- Graad 4: 15 Oktober 2026
- Graad 5: 16 Oktober 2026
- Graad 6: 17 Oktober 2026
- Spellyste beskikbaar vanaf: Kwartaal 3
Die kompetisie sal, soos verlede jaar, aanlyn via Zoom plaasvind. Leerders sal vroegtydig hul spel lyste ontvang sodat hulle voldoende tyd het om te oefen en voor te berei vir die uitdaging.
Ons sien daarna uit om ons jong spellers in aksie te sien! Berei voor, oefen hard en kom wys jou spellingvernuf!