Nukleus Onderwys

KULTUUR KOMPETISIES

Inligting oor Nukleus Kultuur kompetisies

Klik op die toepaslike kwartaal vir meer inligting.

Kreatiewe Skryf Kompetisie

Welkom by die 2026 Skryf  Kompetisie vir Graad 4-12!

Hierdie is ‘n uitnodiging vir ons talentvolle jong skrywers om hul kreatiewe stemme te laat hoor en hul unieke stories met ons te deel. Ons nooi al ons Graad 4-12 leerders uit om deel te neem aan hierdie opwindende skryfuitdaging. Laat jou woorde vloei en wys hoe jy ‘n storie tot ‘n onvergeetlike einde kan bring!

Kies jou graad hieronder vir meer inligting:

Gr. 4 - 6

🌟 Gr. 4–6: Emojistorie

Jy kies vyf emoji’s uit die lys hieronder, en jou uitdaging is om ’n storie te skryf wat die gevoelens, gebeure of situasies wat daardie emoji’s voorstel, uitbeeld.

Met ander woorde: die emoji’s mag nie in jou storie verskyn nie – jou woorde moet wys hoe daardie emosies tot lewe kom.

Opdrag:

  • Kies 5 emoji’s uit die lys wat aan jou gegee word.
  • Skryf ’n kortverhaal wat die gevoelens, reaksies of gebeure van jou gekose emoji’s uitbeeld.
  • Jou storie moet ’n duidelike begin, middel en einde hê.

Lengte en formaat:

  • ½ – 1 bladsy lank (120 – 200 woorde)
  • Sit die 5 emoji’s wat jy gekies het langs die titel van jou kortverhaal.
  • Getik in Arial, grootte 12.
  • Maak seker dat jy ’n kopie van jou skryfstuk op jou rekenaar stoor. Kopieer en plak dit dan in die skrifblok op die aansoekvorm.

Inskrywings open: 19 Jan 2026

🗓️ Sperdatum: 16 Feb 2026

💡 Wenk: Dink kreatief oor hoe jou emoji’s in mekaar pas, gebruik mooi beskrywings, en bou ’n storie wat jou leser laat glimlag, lag of selfs ’n traan pink!

Emoji-lys om van te kies:

😀 😃 😄 😁 😆 🥹 😅 😂 🤣 🥲 ☺ 😊 🙂 🙃 😉 😌 😍 🥰 😘 😗 😙 😚 😋 😛 😝 😜 🤪 🤨 🧐 🤓 😎 🥸 🤩 🥳 😏 😒 🙂‍↕ 🙂‍↔ 😞 😔 😟 😕 🙁 😣 😧 😱 😨 😖 😫 😩 🥺 😢 😭 😤 😠 😡 😳 😐 🫤 🥴

✨ Gr. 7–9: Verander die Einde

Het jy al ooit ’n sprokie gelees en gedink: “Maar dit kon tog anders geëindig het!”? Nou kry jy die kans om self die draaiboek te herskryf. Hierdie jaar se uitdaging: neem ’n bekende sprokie… en gee dit jou eie einde!

Opdrag:

  • Kies een sprokie:
      • Gouelokkies en die Drie Bere
      • Die Drie Varkies
      • Sneeuwitjie
      • Rooikappie
      • Hansie en Grietjie
  • Skryf jou eie weergawe met ’n nuwe einde – dit kan snaaks, dramaties, verrassend of selfs modern wees!
  • Jou storie moet steeds ’n begin, middel en einde hê, maar die einde moet jou unieke handtekening dra.

Lengte en formaat:

  • 1 – 1½ bladsye lank (200–300 woorde).
  • Getik in Arial, grootte 12.
  • Maak seker dat jy ’n kopie van jou skryfstuk op jou rekenaar stoor. Kopieer en plak dit dan in die skrifblok op die aansoekvorm.

Inskrywings open: 19 Jan 2026

🗓️ Sperdatum: 16 Feb 2026

💡 Wenk: Onthou – sprokies is vol towerkrag, spanning en lesse. Hoe jy jou einde verander, kan jou leser skok, laat lag of selfs ’n traan laat afvee.

🔥 Gr. 10–12: Skep jou eie Mite

Legendes begin altyd met ’n vraag: Hoekom? Hoekom het die zebra strepe? Hoekom kom die son op wanneer die maan ondergaan? Hoekom is die seekoei sonder hare? Nou is dit jou kans om jou eie mite te skep – ’n verhaal wat iets in die wêreld op ’n magiese of simboliese manier verduidelik.

Opdrag:

  • Skep jou eie mite wat verduidelik hoe iets ontstaan het of waarom dit so is.
  • Voorbeelde om jou te inspireer:
      • Hoe die zebra sy strepe gekry het.
      • Waarom die haas sulke lang ore het.
      • Hoe die kameelperd sy lang nek gekry het.
      • Waarom die sterre in patrone (sterrebeelde) staan.
      • Hoe die wind sy stem gekry het.
  • Jy mag jou eie onderwerp kies – wees net kreatief en maak dit mities!

Lengte en formaat:

  • 1½ – 2 bladsye lank (300 – 450 woorde)
  • Getik in Arial, grootte 12.
  • Maak seker dat jy ’n kopie van jou skryfstuk op jou rekenaar stoor. Kopieer en plak dit dan in die skrifblok op die aansoekvorm.

Inskrywings open: 19 Jan 2026

🗓️ Sperdatum: 16 Feb 2026

💡 Wenk: ’n Goeie mite laat lesers voel asof hulle na ’n ou, wys verhaal luister wat deur geslagte vertel is. Gebruik beskrywende taal, simboliek en verbeelding – en maak dit ’n storie wat ander nooit vergeet nie.

🎉 Sterkte aan al ons jong skrywers van 2026! Julle verbeelding het geen grense nie – en ons sien uit om elkeen van julle se stories te lees.

Indieningsdatums:

  • Inskrywings maak oop: 19 Januarie 2026
  • Inskrywings sluit: 16 Februarie 2026

Laat inskrywings sal nie oorweeg word nie.

LW: Net geregistreerde Nukleus Leerders mag hieraan deelneem.

Skryf Kompetisie

Hierdie Kompetisie het reeds gesluit.

2026 Skryf Kompetisie wenners!

Graad 4 - 6

1ste – Cornelis Greyling
2de – Coen Vlietstra en Amoné Bronkhorst
3de – Marni Stumpfer

Graad 7 - 9

1ste – Michelle Brooks
2de – Janey Strijdom
3de – Klara Nortje

Graad 10 - 12

1ste –Isabelle Rossouw
2de – Melienke Vermaak
3de – Ewert Houy

Neem Deel aan die Nukleus Onderwys 2026 Gedig Voordrag!

Elke jaar bied Nukleus Onderwys met trots ons jaarlikse Gedig Voordrag aan – ‘n wonderlike geleentheid vir leerders om hulself kreatief uit te druk en selfvertroue te bou! Hierdie jaar vind die voordrag aanlyn plaas via Zoom op 23 Mei 2026. Dit is die perfekte kans om jou voordragvaardighede te slyp en jou liefde vir poësie te deel.

Belangrike Datums:

  • Inskrywings open: 20 April 2026
  • Inskrywings sluit: 15 Mei 2026
  • Voordrag op Zoom: 23 Mei 2026

Hoe werk dit? Leerders ontvang ‘n lys van voorgeskrewe gedigte vir hul graad en kies dan een om voor te dra. ’n Skedule sal betyds uitgestuur word sodat leerders weet hoe laat hul graad begin.

Belangrike Dinge om te Onthou:

  • Leerders moet 30 minute voor hul geskeduleerde tyd inskakel vir ingeval die skedule vinniger beweeg.
  • Kameras moet aangeskakel wees, sodat beoordelaars jou duidelik kan sien.
  • Mikrofone moet gedemp wees, behalwe wanneer dit jou beurt is om voor te dra.
  • Leerders ontvang sertifikate vir hul deelname.

Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om jou voordragvaardighede te ontwikkel en selfvertroue te kry voor ‘n gehoor. Moenie hierdie kans misloop nie – skryf in en wys jou talent!

Skryf vandag in en laat jou stem hoor!

Gedig Voordrag Kompetisie

Hierdie Kompetisie het reeds gesluit.

Laai die gedigte af

Gedig Voordrag

Gr. R – 12:

Hierdie is ‘n skatkis van self-uitdrukking, ‘n platform waar die mag van woorde en die betowerende klank van stemme op ‘n unieke manier saamkom. Ons moedig elke Nukleus leerder aan om deel te neem aan hierdie opwindende reis van voordragkuns

Keuse van Gedig:

Leerders mag een van drie gedigte kies – lys sal vooraf aan almal ge-epos word.

Voordragstyl:

Maak die woorde jou eie. Laat jou taal ‘n klankgolf van emosie wees.

Beoordeling:

Leerders word beoordeel op passie, stemgebruik, en die vermoë om die gehoor te boei.

Inskrywingsprosedure:

Skryf in vir die Voordrag deur die skakel hieronder te gebruik.

Beoordeling en Bekendmaking:

‘n Eksklusiewe paneel van beoordelaars sal die voordragte evalueer, en die wenner(s) word op 23 Mei 2024 bekendgemaak.

Die Voordrag sal op 4 Mei 2024 oor Zoom plaasvind. Leerders wat vir die Voordrag inskryf sal die skakel, asook Voordrag skedule per epos ontvang.

3 April – Inskrywings open
29 April – Inskrywings sluit
4 Mei – Dag van voordrag (oor Zoom)

23 Mei – Wenners aangekondig

LW: Net geregistreede Nukleus Leerders mag hieraan deelneem.

Laai die gedigte af

2026 Kwartaal 3 Kompetisies

Neem Deel aan die Nukleus Onderwys Ontwerp ’n Nukleus T-hemp Kompetisie!

Hallo jong kunstenaars!  🖍️👕

Het jy al gewens jou kuns kan op ’n regte T-hemp verskyn? Nou kan dit! Nukleus Onderwys nooi al ons Graad R–3 leerders uit om ’n T-hemp-ontwerp te skep wat die Nukleus-gees vasvang—kleurvol, vrolik en vol verbeelding. Wie weet… jou prentjie kan binnekort deur jou hele familie gedra word!

Wie kan deelneem?

  • Leerders in Graad R, 1, 2 en 3.

Die opdrag (wat om te doen)

  • Ontwerp die prentjie wat jy graag op ’n Nukleus T-hemp sou wou sien.
  • Moenie ’n hemp teken met ’n prentjie op nie—teken slegs die prentjie/ontwerp self.
  • Jou ontwerp moet die Nukleus-logo êrens duidelik insluit.

Materiaal & formaat

  • Werk met die hand op A4 wit papier (kleurpotlode, waskryt, verf of merkers).
  • Digitale kuns is nie toegelaat nie.
  • Hou jou werk netjies, helder en hoë kontras sodat dit mooi op ’n hemp gaan lyk.

Hoe om in te stuur (stap-vir-stap)

  1. Voltooi jou kunswerk op A4.
  2. Skandeer dit in hoë gehalte (PDF).
  3. Benoem jou PDF presies so: KunsGraadNaamEnVan
    • Voorbeeld: KunsGr2AnikaJansen.pdf
  1. E-pos na admin@nukleusonderwys.co.za 

Belangrike Datums:

  • Inskrywings open: 27 Julie 2026
  • Inskrywings sluit: 17 Augustus 2026

Beoordeling (waarop let ons?)

Ons beoordelaars gebruik ’n rubriek (20 punte totaal):

  • Kreatiwiteit & Oorspronklikheid (0–5)
  • Gebruik van kleur & visuele impak (0–5)
  • Netheid & Afwerking (0–5)
  • Nukleus-identiteit & logo-integrasie (0–5)

Prysies 

  • Wenners per graad ontvang ’n regte Nukleus T-hemp met húlle ontwerp op!
  • Die winnende ontwerpe word ook beskikbaar gemaak sodat familie en vriende hulle eie T-hemde kan bestel.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie – haal jou kreatiwiteit uit en skep iets besonders!

Kunskompetisie

Hierdie Kompetisie het reeds gesluit.

Ons sien met groot opgewondenheid uit na ons jaarlikse redenaarskompetisie wat in Kwartaal 3 plaasvind!🎉

Hierdie kompetisie is oop vir alle leerders in Graad 7 – 9 en bied ’n uitstekende geleentheid om selfvertroue te bou, kritiese denke te ontwikkel en redenaarsvaardighede te verfyn.

Belangrike datums📅:

Inskrywings open: 1 Junie 2026
Inskrywings sluit: 22 Junie 2026
Redenaarskompetisie (via Zoom): 15 Augustus 2026

Voorbereidingsessies🔍:

Om leerders optimaal voor te berei, sal daar twee aanlyn Zoom-sessies aangebied word deur Juffrou Deidre:

24 Julie 2026
31 Julie 2026

Hierdie sessies fokus op die skryf, struktuur en aanbieding van toesprake en is ’n waardevolle hulpmiddel vir alle ingeskrewe leerders.

Temas vir 2026✨:

Leerders kan een van die volgende temas kies en dit op ’n kreatiewe en oorspronklike manier interpreteer:

  • Struikelblokke
  • Grense
  • Lugkastele

Inskrywings en Dokumente📄:

Leerders kan al die nodige dokumente hier aflaai. Voltooide inskrywingsvorms kan gestuur word na admin@nukleusonderwys.co.za

Redenaarskompetisie

Hierdie Kompetisie het reeds gesluit.

2024 Spelfees Kompetisie Wenners!

Nukleus Spelfees 2026

Ons nooi al ons Graad 1 – 6 leerders uit om deel te neem aan ons jaarlikse Spelfees! Hierdie opwindende spellingkompetisie bied leerders die kans om hul taalvaardighede te verbeter en selfvertroue op te bou.

Belangrike datums:

  • Inskrywings open: 1 September 2026
  • Inskrywings sluit: 29 September 2026
  • Graad 1: 12 Oktober 2026
  • Graad 2: 13 Oktober 2026
  • Graad 3: 14 Oktober 2026
  • Graad 4: 15 Oktober 2026
  • Graad 5: 16 Oktober 2026
  • Graad 6: 17 Oktober 2026
  • Spellyste beskikbaar vanaf: Kwartaal 3

Die kompetisie sal, soos verlede jaar, aanlyn via Zoom plaasvind. Leerders sal vroegtydig hul spel lyste ontvang sodat hulle voldoende tyd het om te oefen en voor te berei vir die uitdaging.

Ons sien daarna uit om ons jong spellers in aksie te sien! Berei voor, oefen hard en kom wys jou spellingvernuf!

Inskrywings open 1 September 2025

00
Dae
00
Ure
00
Minute
00
Sekondes

Hou hierdie spasie dop

Hierdie Kompetisie het reeds gesluit.

Toetse, Eksamens en Assessering

Assesseringstake sluit naslaanwerk, gevallestudies, dataverwerking en toetse of eksamens op ‘n deurlopende basis in.

Die Nukleus-kursus vir graad R tot 11 strek jaarliks oor vier modules (graad 12 bestaan slegs uit 3 modules) en eksamens word jaarliks gedurende Junie en November afgelê. Alle interne eksamens word tuis onder toesig van ‘n onafhanklike party afgelê. Hierdie onafhanklike persoon moet ‘n onderneming teken waarvolgens hy/sy die toetse en eksamen sal ontvang en dat hy/sy die antwoordstelle direk aan Nukleus sal pos.

Benewens die eksamen, voltooi leerders assesseringstake op ‘n deurlopende basis. Sperdatums vir die inhandiging van assesseringstake sal streng nagevolg word en alle werk moet op die gegewe sperdatums reeds by die Nukleus kantoor wees. Die Nukleus kantoor sal hierdie sperdatums betyds aan alle leerders deurgee. Indien alle assesseringstake en eksamens nie betyds die Nukleus kantoor bereik nie, sal die leerder nie ‘n Nukleus rapport of evalueringsverslag ontvang nie.

Vakontwikkeling

Vakontwikkeling vind op ‘n deurlopende basis plaas ten einde gehalte materiaal te voorsien en ‘n hoë standaard te waarborg.

Vakonderwysers doen voortdurende opgradering van lesmateriaal en eksamens word op ‘n jaarlikse basis hernu

Die Module Konsep

Die akademiese jaar (graad R tot 11) is in 4 modules opgedeel en graad 12 slegs in 3 modules. Elke module is dan verder in lesse per kwartaal opgedeel wat saamval met die skoolkwartale.

Leerders werk dan per module en ontvang die toepaslike lesmateriaal.

Studie- en Ouergids

Nukleus werk hard aan die opgradering van materiaal om hoë standaarde te handhaaf. Elke les begin deur vir die ouer te verduidelik wat hy/sy nodig het om die les aan te bied. Die ouer word dus gehelp om korrek voor te berei vir elke les. Die leeruitkomste van elke spesifieke les moet aan die ouer verduidelik word om sodoende die ouer in staat te stel om klem te lê op wat belangrik is.

Memorandums op aktiwiteite in die lesmateriaal moet bestaan uit antwoorde wat stapsgewys verduidelik en puntsgewys uiteengesit word, sodat ouers sal weet waarna om op te let en hoe om punte toe te ken.

Die ouer se hande moet hierdeur losgemaak word deur die werkskemas, memorandums en bronmateriaal aan hulle te verskaf.

Lesmateriaal

Nukleus lewer kindervriendelike lesse wat deur ‘n span ervare onderwyskundiges saamgestel is. Dit staan die ervare onderwyser se plek vol en dien as kragtige hulpmiddel vir onderwysers, ouers en bystandsentrums. Elke les is so geskryf dat aandag aan al Nukleus se onderwys– en opvoedkundige doelwitte gegee word. 

Lesmateriaal word per module volgens die aantal weke per kwartaal ingedeel.