Nukleus Onderwys

SKAAK TOERNOOIE

Inligting oor Nukleus Skaak toernooie

Klik op die toepaslike kwartaal vir meer inligting.

Is jy gereed vir 'n uitdaging? Wil jy jou brein skerp maak terwyl jy pret het? Wel, dan is Nukleus se Skaak klub presies die regte plek vir jou!

Ons nooi alle leerders uit om deel te word van Nukleus Skaak. Skaak is nie net 'n bordspel nie; dit is 'n denksport wat strategie, konsentrasie en verbeelding vereis. Ons klub is 'n plek waar vriendskappe gebou word, en waar ons saam groei deur die wonders van skaakspel.

Ons klub is oop vir alle Nukleus leerders Gr. 4 tot 12, van beginners tot gevorderde leerders.

Waar:

Ons speel op Chess.com

Wanneer:

Elke Maandag om 13:30 – leerders kan elke Maandag teen mekaar speel, maar kyk ook uit vir ons toernooi datums. Daar sal 3 toernooie per kwartaal wees (net vir Kwartaal 1,2 en 3) Punte van al die toernooie word aan die einde van die jaar saamgetel om die wenners te bepaal.

(Daar sal nie enige toernooie wees vir Kwartaal 4 nie, maar leerders sal steeds elke Maandag om 13:30 saam speel.)

Hoe werk die Punte (tydens toernooie):

Elke leerder kry:
3 punte vir elke spel wat jy wen
2 punte as jy gelykop speel (Draw)
1 punt vir deelname in elke spel wat nie gewen word nie.
Leerders ontvang ‘n skaak sertifikaat aan die einde van die jaar en die skaap kampioene wen ‘n hout skaakbord.

Let wel:

Die Skaak Klub is nie ’n afrigtingsklas nie, maar ’n speel- en toernooi-platform.

 

Om deel te neem aan Nukleus Skaak toernooie kort jy 'n chess.com rekening.

Volg hierdie gids om jou chess.com rekening te stig en dit aan die Nukleus Skaak Klub te koppel.

Let wel: Net Nukleus Leerders mag deel neem aan die skaak toernooie.

Daarna vul hierdie vorm in om die proses te voltooi.

Toernooi datums:

  • 9 Februarie 2026
  • 16 Februarie 2026
  • 23 Februarie 2026

Let wel:

Die Skaak Klub is nie ’n afrigtingsklas nie, maar ’n speel- en toernooi-platform.

Toernooi datums:

  • 4 Mei 2026
  • 11 Mei 2026
  • 18 Mei 2026

Let wel:

Die Skaak Klub is nie ’n afrigtingsklas nie, maar ’n speel- en toernooi-platform.

Toernooi datums:

  • 17 Augustus 2026
  • 24 Augustus 2026
  • 31 Augustus 2026

Let wel:

Die Skaak Klub is nie ’n afrigtingsklas nie, maar ’n speel- en toernooi-platform.

2026 KWARTAAL 2 RANGLYS

2025 SE WENNERS!

Graad 4 - 6

1ste – Dawid Nortje
2de – Franciska Meyer
3de – Elke Snyman

Graad 7 - 9

1ste – Jacobus Nortje
2de – Jake Nel
3de – Liam Pienaar

Graad 10 - 12

1ste – Albert Pienaar
2de – Hendrik Sutherland
3de – Chayel Du Toit

2024 se wenners!

Graad 4 - 6

1ste – Dawid Nortje & Jake Nel
2de – Liam Pienaar
3de – Levey Smit

Graad 7 - 9

1ste – Albert Pienaar
2de – Gideon Vanjaarsveld
3de – Morne Labuschagne

Graad 10 - 12

1ste – Chayel Du Toit
2de – Kristien Venter
3de – Anna Durand

2023 se wenners!

Intermediêre fase

Eerste plek – Klara Nortje
Tweede plek – Jakobus Scholtz
Derde plek – Dawid Nortje

Senior fase

Eerste plek – Theo Delport
Tweede plek – Kristien Venter
Derde plek – Chayel du Toit

2025 Ranglys

Finale uitslae vir die jaar.

Toetse, Eksamens en Assessering

Assesseringstake sluit naslaanwerk, gevallestudies, dataverwerking en toetse of eksamens op ‘n deurlopende basis in.

Die Nukleus-kursus vir graad R tot 11 strek jaarliks oor vier modules (graad 12 bestaan slegs uit 3 modules) en eksamens word jaarliks gedurende Junie en November afgelê. Alle interne eksamens word tuis onder toesig van ‘n onafhanklike party afgelê. Hierdie onafhanklike persoon moet ‘n onderneming teken waarvolgens hy/sy die toetse en eksamen sal ontvang en dat hy/sy die antwoordstelle direk aan Nukleus sal pos.

Benewens die eksamen, voltooi leerders assesseringstake op ‘n deurlopende basis. Sperdatums vir die inhandiging van assesseringstake sal streng nagevolg word en alle werk moet op die gegewe sperdatums reeds by die Nukleus kantoor wees. Die Nukleus kantoor sal hierdie sperdatums betyds aan alle leerders deurgee. Indien alle assesseringstake en eksamens nie betyds die Nukleus kantoor bereik nie, sal die leerder nie ‘n Nukleus rapport of evalueringsverslag ontvang nie.

Vakontwikkeling

Vakontwikkeling vind op ‘n deurlopende basis plaas ten einde gehalte materiaal te voorsien en ‘n hoë standaard te waarborg.

Vakonderwysers doen voortdurende opgradering van lesmateriaal en eksamens word op ‘n jaarlikse basis hernu

Die Module Konsep

Die akademiese jaar (graad R tot 11) is in 4 modules opgedeel en graad 12 slegs in 3 modules. Elke module is dan verder in lesse per kwartaal opgedeel wat saamval met die skoolkwartale.

Leerders werk dan per module en ontvang die toepaslike lesmateriaal.

Studie- en Ouergids

Nukleus werk hard aan die opgradering van materiaal om hoë standaarde te handhaaf. Elke les begin deur vir die ouer te verduidelik wat hy/sy nodig het om die les aan te bied. Die ouer word dus gehelp om korrek voor te berei vir elke les. Die leeruitkomste van elke spesifieke les moet aan die ouer verduidelik word om sodoende die ouer in staat te stel om klem te lê op wat belangrik is.

Memorandums op aktiwiteite in die lesmateriaal moet bestaan uit antwoorde wat stapsgewys verduidelik en puntsgewys uiteengesit word, sodat ouers sal weet waarna om op te let en hoe om punte toe te ken.

Die ouer se hande moet hierdeur losgemaak word deur die werkskemas, memorandums en bronmateriaal aan hulle te verskaf.

Lesmateriaal

Nukleus lewer kindervriendelike lesse wat deur ‘n span ervare onderwyskundiges saamgestel is. Dit staan die ervare onderwyser se plek vol en dien as kragtige hulpmiddel vir onderwysers, ouers en bystandsentrums. Elke les is so geskryf dat aandag aan al Nukleus se onderwys– en opvoedkundige doelwitte gegee word. 

Lesmateriaal word per module volgens die aantal weke per kwartaal ingedeel.