Nukleus Onderwys

ENTREPRENEURSKLUB

Inligting oor Nukleus Entrepreneursklub

Klik op die toepaslike kwartaal vir meer inligting.

Welkom by Nukleus Entrepreneursklub vir 2025!

Vanjaar wil ons sommer groot gaan en van elke lid ‘n volwaardige entrepreneur maak.

So registreer hieronder voor 6 Februarie 2025.

Vanjaar gaan ons elke tweede week via ‘n zoom sessie bymekaar kom en ons entrepreneursvaardighede verbeter. Ons eerste sessie sal op Vrydag 6 Februarie 2025 wees. Die skakel vir hierdie sessie sal nader aan die tyd vir jou gestuur word.

En dan is daar ook ons Entrepreneurskompetisie met groot pryse om te wen. Ons gaan met verlede jaar se wenner gesels en bietjie hoor wat haar suksesresep is.

Vul hierdie vorm in om deel van ons Entrepreneursklub te word.

Zoom sessie skedule

06 Februarie 2025:
  • Oor watter eienskappe moet ‘n entrepreneur beskik om suksesvol te wees?
  • Bekendstelling van ons 2024 Nukleus Entrepreneurskompetisie wenner
  • Meer inligting  oor ons klub en alles wat ons vanjaar gaan doen.
20 Februarie 2025:
  • Bekendstelling van Nukleus se Entrepreneurskompetisie
  • Gee aan klub-lede ‘n kans om hul ondernemings bekend te stel.

Zoom sessie skedule

11 April 2025:
  • Hoe weet ek my besigheidsidee gaan werk?
09 Mei 2025:
  • ‘n Suksesvolle entrepreneur kom gesels met ons
23 Mei 2025:
  • Vordering van kompetisie.
  • Hoe bemark ek my besigheid?

Zoom sessie skedule

25 Julie 2025:
  • Finansies – Hoe hou ek boek van my besigheid?
08 Augustus 2025:
  • Aanhouer wen! Wenke van ‘n suksesvolle entrepreneur
22 Augustus 2025:
  • Hoe vorder die kompetisie.
  • Algemene bestuursbeginsels.

Zoom sessie skedule

10 Oktober 2025:
  • Waar staan my besigheid nou?
  • Bekendstelling van lede se bemarkingsvideo’s aan mede-klublede
November 2025:
  • Beoordeling van kompetisie en aankondiging van wenners.

Toetse, Eksamens en Assessering

Assesseringstake sluit naslaanwerk, gevallestudies, dataverwerking en toetse of eksamens op ‘n deurlopende basis in.

Die Nukleus-kursus vir graad R tot 11 strek jaarliks oor vier modules (graad 12 bestaan slegs uit 3 modules) en eksamens word jaarliks gedurende Junie en November afgelê. Alle interne eksamens word tuis onder toesig van ‘n onafhanklike party afgelê. Hierdie onafhanklike persoon moet ‘n onderneming teken waarvolgens hy/sy die toetse en eksamen sal ontvang en dat hy/sy die antwoordstelle direk aan Nukleus sal pos.

Benewens die eksamen, voltooi leerders assesseringstake op ‘n deurlopende basis. Sperdatums vir die inhandiging van assesseringstake sal streng nagevolg word en alle werk moet op die gegewe sperdatums reeds by die Nukleus kantoor wees. Die Nukleus kantoor sal hierdie sperdatums betyds aan alle leerders deurgee. Indien alle assesseringstake en eksamens nie betyds die Nukleus kantoor bereik nie, sal die leerder nie ‘n Nukleus rapport of evalueringsverslag ontvang nie.

Vakontwikkeling

Vakontwikkeling vind op ‘n deurlopende basis plaas ten einde gehalte materiaal te voorsien en ‘n hoë standaard te waarborg.

Vakonderwysers doen voortdurende opgradering van lesmateriaal en eksamens word op ‘n jaarlikse basis hernu

Die Module Konsep

Die akademiese jaar (graad R tot 11) is in 4 modules opgedeel en graad 12 slegs in 3 modules. Elke module is dan verder in lesse per kwartaal opgedeel wat saamval met die skoolkwartale.

Leerders werk dan per module en ontvang die toepaslike lesmateriaal.

Studie- en Ouergids

Nukleus werk hard aan die opgradering van materiaal om hoë standaarde te handhaaf. Elke les begin deur vir die ouer te verduidelik wat hy/sy nodig het om die les aan te bied. Die ouer word dus gehelp om korrek voor te berei vir elke les. Die leeruitkomste van elke spesifieke les moet aan die ouer verduidelik word om sodoende die ouer in staat te stel om klem te lê op wat belangrik is.

Memorandums op aktiwiteite in die lesmateriaal moet bestaan uit antwoorde wat stapsgewys verduidelik en puntsgewys uiteengesit word, sodat ouers sal weet waarna om op te let en hoe om punte toe te ken.

Die ouer se hande moet hierdeur losgemaak word deur die werkskemas, memorandums en bronmateriaal aan hulle te verskaf.

Lesmateriaal

Nukleus lewer kindervriendelike lesse wat deur ‘n span ervare onderwyskundiges saamgestel is. Dit staan die ervare onderwyser se plek vol en dien as kragtige hulpmiddel vir onderwysers, ouers en bystandsentrums. Elke les is so geskryf dat aandag aan al Nukleus se onderwys– en opvoedkundige doelwitte gegee word. 

Lesmateriaal word per module volgens die aantal weke per kwartaal ingedeel.