
ASEM UITDAGINGS


2025
Nukleus Asem Uitslae

KYK DIE HOOGTEPUNTE VAN DIE 2025 UITDAGING HIERDONDER
KYK DIE VIDEO VIR INSTRUKSIES
Stuur jou inskrywingsvorm saam met jou video na admin@nukleusonderwys.co.za
‘n Diens soos wetransfer kan gebruik word indien jou video te groot vir epos is.
Speel, Lag en Beweeg met die Nukleus Familie & Vriende Fiksheid Speletjie!
By Nukleus Asem glo ons dat fiksheid pret moet wees – en wat is lekkerder as om dit saam met familie en vriende te doen? Hierdie kwartaal nooi ons julle uit om deel te neem aan ons Familie & Vriende Fiksheid Speletjie, gebaseer op die bekende Slangetjies en Leertjies!
Hoe werk dit?
1️. Leerders ontvang ‘n fiksheidsbord met slangetjies en leertjies daarop.
2️. Gebruik ‘n dobbelsteen om te bepaal hoeveel blokkies jy beweeg. (As jy nie ‘n dobbelsteen het nie, laai ‘n toep soos Dice Roll! af of gebruik speletjieskaarte – haal net die kaarte bo 6 uit.)
3. Voltooi die oefening waarop jy land – dit kan enigiets wees van hurkspronge tot muurhurke!
4️. Pasop vir die slangetjies! Hulle sal jou laat terugsak… maar die leertjies help jou vinniger vorentoe.
5️. Die doel is om so vinnig as moontlik die Einde te bereik – terwyl jy lekker beweeg!
Wanneer kan ons speel?
Speel die speletjie reg deur die kwartaal – of dit nou ‘n eenmalige uitdaging is of ‘n weeklikse gesinsaktiwiteit.
Deel julle pret!
Ons wil sien hoe julle speel! Neem foto’s of kort video’s terwyl julle die speletjie speel en tag Nukleus Onderwys op Facebook. Wie weet – dalk verskyn jou gesin se fiksheidsmoment op ons blad!
Kry jou speletjie-bord en laat die pret begin!
Hou hierdie spasie dop: Nukleus Pretdraf 2025!
Een van die dae is dit weer tyd vir een van ons gunsteling geleenthede van die jaar — die jaarlikse Nukleus Pretdraf! Hierdie keer maak ons dit groter en beter, en ons wil hê elkeen moet deel wees van die pret.
Of jy nou in Gauteng, die Wes-Kaap, Limpopo of selfs van jou vakansiebestemming af deelneem — jy gaan kan hardloop saam met ons! Hierdie jaar open ons die pretdraf vir alle Nukleus-leerders regoor die land via Strava. Dit beteken jy kan jou kilometers, fotos en vordering op ‘n lekker interaktiewe manier deel en meemaak hoe ons hele Nukleus-familie aan hierdie spesiale uitdaging deelneem.
Ons deel binnekort meer besonderhede en die presiese datums — so hou hierdie spasie dop en maak seker jy volg ons op al ons platforms.
Trek jou tekkies aan.
Kry jou Strava-profiel reg.
En maak jou gereed vir groot pret, groot energie en om deel te wees van iets besonders!
Meer inligting volg binnekort!

