Nukleus Onderwys

Simple Contact Form

Skryf nou in

Ouer Inligting

Leerder Inligting

  • Die inskrywing sal nogsteeds geldig wees onafhanklik van u keuse.
  • Indien u wel toestemming gee vir Nukleus Onderwys om die video op sosiale media te plaas teken asseblief die volgende vrywaring.

Toestemming

  • Ek magtig en verleen aan Nukleus Onderwys die gebruik van die Fiksheid Uitdaging video wat ek met hierdie aansoekvorm oplaai.
  • Ek verleen toestemming aan Nukleus Onderwys om my Fiksheid Uitdaging video in druk of in digitale medium te gebruik. Dit kan ook gebruik word op sosiale media platforms soos, bv. Facebook, Twitter, Instagram en enige ander sosiale media platform.
  • Ek laat Nukleus Onderwys toe om die Fiksheid Uitdaging video te redigeer, te wysig, te kopieer of te versprei vir media-advertensies en bemarking.
  • Ek stem in dat die volle regte op die Fiksheid Uitdaging video hierbo nou aan Nukleus Onderwys behoort.
  • Ek verstaan dat ek geen geldelike vergoeding sal ontvang nie.
  • Ek verstaan dat die Fiksheid Uitdaging video my eie oorspronklike werk moet wees en dat dit voor die sperdatum van 04 Maart 2024 hier opgelaai moet word.
  • Ek verstaan dat die wenners deur Nukleus Onderwys gekies word en dat enige besluite as finaal beskou sal word.
*Wag asseblief tot die sukses boodskap verskyn. Hoe groter die video, hoe langer sal dit van om op te laai.

Toetse, Eksamens en Assessering

Assesseringstake sluit naslaanwerk, gevallestudies, dataverwerking en toetse of eksamens op ‘n deurlopende basis in.

Die Nukleus-kursus vir graad R tot 11 strek jaarliks oor vier modules (graad 12 bestaan slegs uit 3 modules) en eksamens word jaarliks gedurende Junie en November afgelê. Alle interne eksamens word tuis onder toesig van ‘n onafhanklike party afgelê. Hierdie onafhanklike persoon moet ‘n onderneming teken waarvolgens hy/sy die toetse en eksamen sal ontvang en dat hy/sy die antwoordstelle direk aan Nukleus sal pos.

Benewens die eksamen, voltooi leerders assesseringstake op ‘n deurlopende basis. Sperdatums vir die inhandiging van assesseringstake sal streng nagevolg word en alle werk moet op die gegewe sperdatums reeds by die Nukleus kantoor wees. Die Nukleus kantoor sal hierdie sperdatums betyds aan alle leerders deurgee. Indien alle assesseringstake en eksamens nie betyds die Nukleus kantoor bereik nie, sal die leerder nie ‘n Nukleus rapport of evalueringsverslag ontvang nie.

Vakontwikkeling

Vakontwikkeling vind op ‘n deurlopende basis plaas ten einde gehalte materiaal te voorsien en ‘n hoë standaard te waarborg.

Vakonderwysers doen voortdurende opgradering van lesmateriaal en eksamens word op ‘n jaarlikse basis hernu

Die Module Konsep

Die akademiese jaar (graad R tot 11) is in 4 modules opgedeel en graad 12 slegs in 3 modules. Elke module is dan verder in lesse per kwartaal opgedeel wat saamval met die skoolkwartale.

Leerders werk dan per module en ontvang die toepaslike lesmateriaal.

Studie- en Ouergids

Nukleus werk hard aan die opgradering van materiaal om hoë standaarde te handhaaf. Elke les begin deur vir die ouer te verduidelik wat hy/sy nodig het om die les aan te bied. Die ouer word dus gehelp om korrek voor te berei vir elke les. Die leeruitkomste van elke spesifieke les moet aan die ouer verduidelik word om sodoende die ouer in staat te stel om klem te lê op wat belangrik is.

Memorandums op aktiwiteite in die lesmateriaal moet bestaan uit antwoorde wat stapsgewys verduidelik en puntsgewys uiteengesit word, sodat ouers sal weet waarna om op te let en hoe om punte toe te ken.

Die ouer se hande moet hierdeur losgemaak word deur die werkskemas, memorandums en bronmateriaal aan hulle te verskaf.

Lesmateriaal

Nukleus lewer kindervriendelike lesse wat deur ‘n span ervare onderwyskundiges saamgestel is. Dit staan die ervare onderwyser se plek vol en dien as kragtige hulpmiddel vir onderwysers, ouers en bystandsentrums. Elke les is so geskryf dat aandag aan al Nukleus se onderwys– en opvoedkundige doelwitte gegee word. 

Lesmateriaal word per module volgens die aantal weke per kwartaal ingedeel.