Skryf nou vir ons Kuns Klasse in.

Klasse begin 4 Maart 2024

Die res van Maart se klasse sal by Kwartaal 2 bygevoeg word. Dus sal kwartaal 2 uit 13 lesse bestaan.

R750 Per Kwartaal

Omdat kwartaal 2 die laaste 3 weke van kwartaal 1 bevat sal die eerste bedrag R850 vir kwartaal 1 + 2 saam. Kostes sal by die Nukleus rekening gevoeg word.

Die skedule

Graad 4 -7 Maandae 16:00 tot 17:00
Graad 8-12 Woensdae 16:00 tot 17:00

Benodighede vir die jaar.

Die benodighede kan self aangekoop word of deur Nukleus as 'n pakket gekoop word.

Algemeen:

  • Ou klere – sodat ons nie ons nuwe klere vlek met verf nie.
  • ‘n Skêr
  • Ou koerante
  • Ou Tydskrifte
  • ‘n Rol maskeerband (Masking Tape)
  • ‘n Stafie gom (Pritt)
  • ‘n Grys HB potlood
  • ‘n Uitveër
  • ‘n Liniaal
  • ‘n Swart pen
  • ‘n Ou beker om vuil kwassies in af te spoel

Spesiaal:

  • ‘n A3 Sketsboek – 200GSM of meer, sodat ons dit vir pen, potlood en waterverf kan gebruik.
  • ‘n Stel kwassies om mee te verf (sien die voorbeeld hieronder)
    A4 of A5 Canvas boek/pad.
    (Dit lyk soos ‘n gewone sketsboek, maar die bladsye binne is canvas blaaie wat mens kan uitskeer. Kyk vir die wat gemerk is ‘100% cotton’ en NIE dié wat ‘watercolour’ voorop sê nie.)
  • Akriel of Craft Paint in die volgende kleure:
      • Swart
      • Wit
      • Geel
      • Rooi
      • Blou
  • Opsioneel: Groen, Pienk, Oranje, Pers, Bruin (Hierdie kleure kan gemeng word uit bo-staande kleure)
  • ‘n Stelletjie waterverf

Kwas voorbeelde.

Pakket kan deur Nukleus Bestel Word teen R650

Vooraf betaalbaar.

Die benodighede kan ook self aangekoop word. Merk jou keuse op die aansoekvorm.

Skryf in

Ouer Inligting

Leerder Inligting