ENTREPRENEUR KLUB
Nukleus Onderwys is daartoe verbind om leerders op alle gebiede te ontwikkel.
Baie van ons leerders is alreeds suksesvolle entrepreneurs en dan is daar baie leerders wat hul eie klein besigheid wil begin, maar onseker is hoe om dit te doen.
Die doel van Nukleus Entrepreneurs is om ons jong entrepreneurs van vroeg af te bemagtig en te ontwikkel.
In kwartaal 1 gaan die dinamiese entrepreneur Albert van Wyk ons leerders motiveer en hulle ook uitnooi om aan sy “Maak my ‘n entrepreneur”-kompetisie deel te neem.
Albert van Wyk se praatjie is 22 Januarie 2024 – verdere inligting sal later gestuur word.
Gedurende kwartaal 2 gaan Nukleus se entrepreneurs kans kry om hul besighede bekend te stel en selfs te adverteer op Nukleus se FB blad, asook onder nukleus leerders.
Vir kwartaal 3 beplan ons ‘n “werkswinkel” wat ons jong entrepreneurs kan help met die beplanning van hul finansies.
Nukleus bied ook deur die loop van die jaar sy eie Entrepreneur kompetisie.
Die wenners van ons kompetisie sal gedurende kwartaal 4 aangekondig word.
Daar word van elke entrepreneur verwag om kwartaalliks ‘n verslag oor sy/haar besigheid vir hierdie kompetisie in te dien.
Ons kinders is die volgende generasie se leiers – hulle moet hoop skep deur alreeds van jongs af te werk aan nog ‘n blinker toekoms!
Skryf nou vir die Nukleus Entrepreneur Klub in!
Leerder se inligting:
Ouer se inligting:
U aansoek is gestuur!
Iets het fout gegaan, Probeer weer.