Debat
Ons wil graag die opwindende nuus met u deel dat Nukleus op 2 Augustus 'n aanlyn debat sal hou vir die Gr. 8 en Gr. 9 leerders.
Die onderwerp vir die debat is: "Geweldadige video speletjies moet verban word."
Ons nooi alle leerders om aan hierdie belangrike en interessante debat deel te neem. Dit is 'n uitstekende geleentheid vir ons leerders om hulle redenaarsvaardighede te slyp, kritiese denke te ontwikkel en selfvertroue te bou.
Moet asseblief nie bekommerd wees as julle nog nooit 'n debat gevoer het nie en nie weet hoe dit werk nie. Ons onderwyseresse sal julle deur elke stap van die proses lei.
In die aanloop tot die debat, sal al die leerders wat ingeskryf het, weekliks oor Zoom saam met Juffrou Deidre Wiehahn en Juffrou Mariaan Spangenberg bymekaarkom. Hulle sal die hele proses mooi verduidelik, asook leerders help met hul voorbereiding. Hierdie Zoom sessies sal elke Vrydag om 13:00 geskied.
- 12 Julie – Spanne word opgedeel, leiers word gekies en verduideliking van hoe ‘n debat werk.
- 19 Julie – Spanne kom bymekaar om hul standpunte rondom die onderwerp te bespreek en Juffrou Deidre gee raad.
- 26 Julie – Laaste keer wat spanne bymekaar kom, laaste kans om enige vrae te vra.
- 2 Augustus – Dag van Debat
Belangstellende leerders word aangemoedig om so spoedig moontlik in te skryf. Vir inskrywings en verdere inligting, sien asseblief die skakel hieronder.
Ons sien uit na 'n lewendige en insiggewende bespreking en hoop om soveel as moontlik leerders te betrek.
Debat inskrywings is gesluit.
Skryf nou in vir die Nukleus Debat.
The form was sent successfully.
An error occured.